Julle sal nooit alleen wees nie!
Leana, Lerique, Analeh, Sune & familie en vriende van die Matthee familie,
Al kon ons nie fisies by julle wees vandag nie, is ons in die gees daar. Ons was bevoorreg om 'n man soos Enrique te kon ken en ons dank God daarvoor.
Leana, in die dae, weke, en maande wat voorle sal ons steeds by julle wees, saam met julle treur, en gedurig deur vir julle bid. As jy 'n vriendin, 'n uitlaat klep, of 'n 'sounding board' soek, is ek net 'n oproep, 'n epos of 'n blog ver.
Julle sal nooit alleen wees nie! God verseker ons by verskeie geleenthede in Sy Woord: Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. ... Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Heb 13:8&5b; Deut.31:6; Jos. 1:5; 1Ch. 28:20 & Mat.6:25-34.God is almagtig, alwetend, en oraloor teenwoordig, en Hy gebruik mense om Sy liefde aan die wereld te openbaar. So wil ons graag instrumente in Sy hand wees vir julle!
Jy en jou familie sal ons altyd in ons harte hou, Leana: Die broederliefde moet bly. Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg. [Ons bid vir julle], omdat [julle] in alles goed wil wandel. Heb 13:1,2&18.Ons bid julle die Here se Seen en Genade toe:Mag die God van die vrede, wat die Groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om Sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Die genade sy met julle almal! Amen. Heb 13:20-21&25.
Sterkte met die eksamens, Lerique.
Gee jou kinders 'n stywe drukkie van my af, Leana.
Met al ons liefde,
Lizette & familie
No comments:
Post a Comment