Leana & Enrique,
Ons sal as gesin van vandag af (Sat. 18 Okt.) saam met julle die Psalms deurlees. Dit is 'n wonderlike manier van saamwees met julle al is ons so ver. Dankie vir die pragtige gedagte.
David was 'n man na God se hart, wat 'n wonderlike voorbeeld vir ons.Psa 118:4-7 Laat die wat die HERE vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is! Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte. Die HERE is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan ‘n mens my doen? Die HERE is vír my as my helper;
Isa 59:1 Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie;
Ons deel in julle blymoedigheid en hartseer.
Baie liefde,
Lizette & gesin
No comments:
Post a Comment