Wednesday, 22 October 2008

Tue 2008/10/07 10:53 AM:

Spesiale boodskap vir Enrique:

Ons is lief vir jou en ons bid vir jou en jou gesin. Moet NOOIT moed verloor nie. Kyk hoe magtig is God, Hy het al hierdie wonderlike dinge geskape en Hy onderhou dit steeds.


Jou lewe is 'n skroeiende getuienis vir die wereld. Jy en jou gesin het ons almal se lewens al op een of ander manier aangeraak, Enrique. God werk op vreemde maniere.


JD het besluit om van graad kursus te verander en hy studeer tans by Ambrose University College: teologie. Dit is 'n 4 jaar graad kursus: Bachelor of Theology: Church Ministries. Robin is ook baie ernstig oor sy geloof en beide van hulle bestudeer die Skrif, dogma en ander godsdienstige bronne baie ernstig. Hulle verdedig hulle geloof waar hulle ook al gaan.

Ek is seker van die saadjies wat jy jare gelede gesaai het, het vrugbare grond gevind in ons kinders. Baie dankie vir jou!!!

Baie liefde van ons al 4 af vir jou, Leana, Lerique, en jou 2 pragtige dogters!!

Mag God jou genadig wees en jou harts begeertes vervul. God is groot!!!

Met al ons liefde,
Lizette, Jannie, JD & Robin

No comments: