Liefwe Leana, Enrique, Lerique, Aneleh en Sunetjie,
Baie dankie vir die kosbare brokkies van julle lewens wat julle met ons deel op julle webwerf. Ons is innig dankbaar dat ons so bevoorreg is om deel te kan wees van julle lewens. Ons hou nie op om vir julle te bid nie. Hier is plate blomme om julle dag mee te verhelder, net vir julle!
Ons verlang baie na julle en koester die wonderlike oomblike wat ons met julle kon deel. Ons onthou nou nog met groot teerheid en warm toegeneetheid julle kuiertjie by ons aan huis toe julle pas in die Kaap aangeland het.
Ons voeg vandag ons stemme hierby in nederige gebed vir julle en in smeking tot God vir Sy genade oor julle:
Psa 40:2-6: Ek het die HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor; en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ‘n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak. En Hy het ‘n nuwe lied in my mond gegee, ‘n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou. Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die HERE stel ... Groot dinge het U gedoen, HERE my God — U wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.
1Th 5:11 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
1Th 5:16 Wees altyddeur bly.
1Th 5:17 Bid sonder ophou.
1Th 5:18 Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
1Th 5:28 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle!
Amen.
Met al ons liefde,
Lizette, Jan, JD & Robin
E-pos: deklerkcanada@gmail.com
No comments:
Post a Comment