Leana,
Gee asb. vir Enrique 'n drukkie en 'n kus op sy voorkop van ons af. Ons is nog nie reg om te groet nie, wie is?
Ons gebed vir julle vandag is:
Hy het hulle op die regte pad gebring [ en so ook vir elkeen van ons - prys God vir Sy Groot Genade].
“Hy het sy volk [SY KINDERS] in die woestyn gevind, in ’n onbewoonbare land waar woestyndiere skreeu. Die Here het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog. Soos ’n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop, oor hulle fladder en hulle vang op sy vlerke wat hy oopsprei, soos ’n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra, so het die Here, net Hy alleen, sy volk gelei.” – Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra [ jy sal nooit alleen wees nie]. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.
Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.
Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ’n tuin met volop water, soos ’n fontein waarvan die water nie opdroog nie. – “Dié God is ons God vir altyd; Hy sal ons altyd lei.
Wie kan ’n mens tot insig bring soos Hy?” Die mag van God is groot, wie kan ’n mens tot insig bring soos Hy?
Ps 107:7. Deut 32:10-12.–Jes 46:4. Ps 23:3-4. Jes 58:11.–Ps 48:14. Job 36:22 (Die Bybelteksdagboek)
Ons harte is seer, maar ons weet ook dat daar 'n nalatenskap is wat kosbaarder is as die verganklike vlees: Lerique is 'n pragtige jong man, julle twee dogtertjies is kosbare prinsessies, julle werk het menigte mense se lewens verander, julle liefde het vele harte versag, julle toegeneetheid het baie tot God laat nader, julle lewens wandel is 'n bron van inspirasie en krag vir almal! Wat 'n wonderlike getuienis!As jy daar is om te groet, sal ons met jou wees in die gees. Mag God ons almal styf teen Sy Bors vasdruk!
Rom 8:14-18 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word. Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
Psa 43:3-6 Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei; laat dié my bring na u heilige berg en na u woninge, dat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o God, my God! Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!
Psa 19:14/5 Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!
Phm 1:25 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees!
Amen.
Lizette
Wednesday, 22 October 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment